Kanna hy kô hystoe, want Adam Small is hier

Die produksie Die poet, wie’s hy?, wat handel oor die lewe en werk van skrywer-digter Adam Small wat vanjaar by die Woordfees te siene was, is nie ’n gewone woordkunsvertoning nie. Dié musiekvertoning is saamgestel uit Adam Small se bekende- en onbekende werke.

“Ons het tussen 30 en 40 instrumente gehad — sommiges selfgemaak. Dean Balie, die storieverteller en vertolker, wou van die begin af gebruik gemaak het van onkonvensionele instrumente. Hy wou nie ’n tipiese band hê nie,” het die regisseur van die produksie, Frieda van den Heever, gesê.   

“Ons wou nie ’n digkuns program gehad het nie en ons wou nie ’n musiekblyspel gehad het nie. Ons wou iets gevind het tussen daardie twee, maar gelukkig was ek en Charl-Johan Lingenfelder, die musikale regisseur, op dieselfde bladsy — van die begin af,” het Van den Heever verder gesê.

“Die publiek moet produksies soos dié ondersteun, om hulself te ondersteun,” glo Van den Heever. “Ek wil hê ons moet dit vat na waar die mense is, maar ek wil ook hê witmense moet dit sien. En swartmense ook. Ek wil hê almal moet dit sien, want die boodskap is groter as ons,” het sy verder vertel. 

Adam Small IMG-6143

Die Khoisan Gypsy Band besig om die instrumente voor die optrede op te stel. FOTO: Leo Cordom

Die produksie is goed ontvang deur die publiek. “Dit is ons [bruinmense] se taal,” het ’n gehoorlid gesê, en bygevoeg dat daar vir jare verwag is dat almal Standaardafrikaans moes praat. “Ons eie kinders kon nie die taal hoor in produksies óf in gedigte nie. Nou kan hulle dit geniet om dinge te hoor in hulle eie taal en besef dat dit hulle taal is.”

, , , ,