Woordfees: Dagbreek Straatmyl

Die 13de Dagbreek Straatmyl in het op 11 Oktober in Victoriastraat plaasgevind. 

Die Straatmyl, wat deel van die 2023 US Woordfees is, bestaan uit sewe wedlope met 13 afdelings, van pretwedlope tot ’n skaatsplank mylwedloop. Die Straatmyl is beslis ’n unieke ervaring. Van feëtjies tot winkelsentrumtrollies wat te sien was gedurende die wedloop, was die gees en atmosfeer aansteeklik. 

Die byeenkoms was aangebied ter ere van oud-Dagbreker, De Villiers Lamprecht, wat die eerste Suid-Afrikaanse atleet was om ’n ‘droommyl’ van minder as vier minute op Coetzenburg Stadion in 1964 te hardloop.

Nog ’n oud-Dagbreker, Danie Malan, is by vanjaar se Dagbreek Straatmyl vereer aangesien Malan in 1973 ’n wêreldrekord in die 1000m in Munich, Duitsland opgestel het. 

, ,