Stellenbossers maak hul merk by Suidoosterfees

Verskeie uitvoerende kunstenaars wat hul wortels by die Universiteit Stellenbosch (US) het, was by van vanjaar se Suidoosterfees op die planke te sien.

Dit is bevestig deur Nicole Holm, aktrise en professor by US se drama departement. 

Die Suidoosterfees het van 30 April tot 4 Mei plaas gevind by die Kunstekaap-teatersentrum in Kaapstad, volgens hul program. Oud- en huidige US-studente het vanjaar in verskeie produksies hul staal gewys.

Verskeie kunstenaars wat verbonde is, of voorheen verbonde was, aan die Universiteit Stellenbosch (US), het by vanjaar se Suidoosterfees opgetree. Dit is volgens die Suidoosterfees program. FOTO: Danielle Schaafsma

Alumni bring hul werk terug na die verhoog

Een opvoering met US-bande is The Old Man Who Thought He Had a Dog, wat al by verskeie kunstefeeste opgevoer is. Dié toneelstuk het dalk nou sy laaste fees genader, volgens Merwe Gent, ’n akteur in die produksie en oud-US-student. 

Die rolverdeling sluit ook in: Jeanne-Marié Koekemoer, ’n honneursstudent in drama en teaterstudies aan die US, as ook Angelique Filter en Chrizelle Strydom. Filter en Strydom is altwee ook oud-studente van die US.

“Ek is nie hartseer dat Old Man tot ’n einde kom nie,” het Gent gesê. “Bloot net die feit dat ons dit nog twee jaar later kan opvoer is net ’n blessing.”

Erdwurms en persoonlike groei

Soortgelyk het huidige én oud-studente van die US in Ode to Earth Worms verskyn, het Shayne Justin Joseph, ’n akteur in dié produksie en ’n derdejaarstudent in drama en teaterstudies aan die US, gesê.

Dié produksie het ten doel om die gehoor te laat reflekteer oor hul emosies, en het ook aan die gehoor die kans gegee om te dink oor hul eie sterflikheid, het Kgahlisho Matloga, akteur en derdejaarstudent in drama en teaterstudies aan die US, gesê.

By vanjaar se Suidoosterfees, het die span van die produksie Ode to Earth Worms hul talente op die planke gebring. Dit is volgens Jasmine Maduza, aktrise en derdejaarstudent in drama en teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch (US). (Van links na regs) Shayne Justin Joseph, Maduza, Unam Sota, Kghalisho Matloga, almal akteurs in Ode to Earth Worms en derdejaarstudente in drama en teaterstudies aan die US. Die rolverdeling vir Ode to Earth Worms sluit ook oud-studente, Simone Ras en Matthew Dragner, in. FOTO: Danielle Schaafsma 

Volgens Jasmine Maduza, aktrise en derdejaarstudent in drama en teaterstudies, het hul studies by US hulle voorberei om goeie akteurs te wees en het hulle met die nodige vaardighede toegerus vir die fisieke teater wat die produksie vereis het.

“As jy in hierdie produksie in treë, moet jy van alle ernstigheid laat gaan. Jy moet vreemd raak, skepsel-agtig raak, en net speels wees,” het Maduza gesê. “Jy moet jou innerlike gogga vind.”

Die Suidoosterfees is vanjaar 30 April tot 4 Mei by die Kunstekaap-teatersentrum aangebied. Om by die Suidoostefees op te tree, gee vir uitvoerende kunstenaars van die Universiteit Stellenbosch (US) die kans om “die Stellenbosch [drama] departement se talente ook op ’n groter verhoog en in ’n groter spasie te gaan uitbeeld”, volgens Jasmine Maduza, aktrise en derdejaarstudent in drama en teaterstudies aan US. FOTO: Danielle Schaafsma

’n Serenade vir die Suidoosterfees

Die universiteitskoor, onder leiding van André van der Merwe het ook by vanjaar se fees opgetree. 

“As ’n groep kan ons, ons vreugde en musiek met die mense deel,” het Lithemba Macanda, ’n nagraadse diplomastudent in vervoer en logistieke wat al vir vier jaar ’n lid van die koor is, aan SMF Nuus gesê. “Ons gee ons harte vir die mense en hoop net dat hulle dit sal ontvang.”

, ,