Stellenbosse studente maak stem dik by Vrystaat Kunstefees

Sewe dramaproduksies deur studente van die drama departement aan die Stellenbosch Universiteit het aan vanjaar se Vrystaat Kunstefees deelgeneem.

Dit is volgens Mila Sobolewski, ’n derdejaar-dramastudent aan die Stellenbosch Universiteit (SU). Mila was self in een van die produksies, Dinner met Diek.

Sewe produksies deur studente verbonde aan die Stellenbosch Universiteit (SU) was vanjaar by die by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein op die planke, het Mila Sobolewski, ’n derdejaar-dramastudent aan SMF News gesê. FOTO: Marise Schoonraad

Party van hierdie produksies is verlede jaar by die SU drama departement se jaarlikse Première Fees aangebied. Die ander was produksies wat deur dramastudente in hul finale jaar aangebied is, het Caeli Aggenbach, wat in die Kaskenades produksie gespeel het, gesê.

Een van die produksies, Ӧh, was ’n pryswenner by die fees. Die produksie het die prys vir die beste bemarking gewen, volgens Amelda Brand, ’n dosent verbonde aan die SU se drama departement. 

Dramaproduksies wat by verlede jaar se Première Fees gedebuteer het, sowel as finalejaar-produksies deur studente verbonde aan die SU drama departement, is vanjaar by die Vrystaat Kunstefees aangebied, het Caeli Aggenbach, wat in die Kaskenades produksie gespeel het, gesê. FOTO: Marise Schoonraad

Volgens Angelique Filter, wat verlede jaar ’n honneurstudent in toegepaste teater aan die SU was, doen ’n mens aansoek vir die feeste en “hoop jy maar vir die beste”. 

Filter het in die produksie Grommels gespeel en ook help skryf aan die produksie. Sy het Grommels saam met Robert Hindley op die planke gebring. Hindley is ook ’n alumni van die SU se drama departement. Grommels is ’n kinderteater-produksie met geen dialoog en ’n clowning styl, het Filter gesê.

Clowning reflekteer die onskuldige nar in elkeen van ons en vier menslike belaglikheid,” het Filter gesê.

Feeste skep blootstelling en ontwikkeling

Feeste soos die Vryfees bied goeie blootstelling vir akteurs om voor gehore op te tree, en om produksies te ontwikkel, het Filter gesê. 

“Dit is ’n voorreg wanneer jou werk raakgesien word, veral wanneer jy nog so nuut in die bedryf is,” het Filter gesê.

“Mens is dankbaar om in die industrie te kom,” het sy gesê.

Sy was ook deel van twee ander produksies, Die koning en sy bruid en Kaskenades.

Praktiese ervaring noodsaaklik om die professionele wêreld te betree

Die drama departement skep ruimte vir studente se onafhanklike werk. Met hul finalejaar-produksies gee die departement vir hulle ook die geleentheid om die bedryf met oorspronklike werk te betree, het Brand gesê. 

Die departement voel dat hulle ’n verantwoordelikheid het om ondersteuning aan studente te te bied wanneer hulle die bedryf betree, het Brand gesê.

“Daar is ’n tipe leer wat net in praktyk plaasvind – wat net kan gebeur wanneer [studente] na feeste toe gaan,” het Brand gesê.

Stellenbosch Universiteit (SU) se drama departement bied ondersteuning aan studenteproduksies deur repetisie-ruimtes en kostuumgebruik beskikbaar te stel, het Amelda Brand, ’n dosent verbonde aan die SU se drama departement, gesê.  FOTO: Marise Schoonraad

, , , , ,