Stellenbosch alumni wil aanlyn diep spore trap

Universiteit Stellenbosch (US) alumni het ’n nuwe, aanlyn opvoedkundige platform gestig wat beoog om deur middel van praktiese wyses en hulpmiddels studente toe te rus “om die beste weergawes van hulself te wees”. 

Die aanlyn opvoedkundige platform NovieGuide beoog om deur middel van praktiese lesse en hulpmiddels studente toe te rus om hul vaardighede op te skerp en te ontwikkel. SKERMGREEP: NovieGuide.com

Dit is volgens Edwin van der Walt, bekende akteur en alumnus van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, wat met behulp van sy neef, Louw de Beer, die opvoedkundige platform genaamd NovieGuide gestig het. 

Volgens Van der Walt het NovieGuide ontstaan uit sy se eie begeerte om diep spore in die wêreld te trap. “Ek het gevoel dat daar iets meer aan die lewe moes wees,” het hy aan MatieMedia gesê. “Ek wou ’n groter impak gemaak het.”

“A Practical Introduction to Film Acting”, word deur die bekende akteur en alumnus van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Edwin van der Walt, in Engels aangebied. INSTAGRAM-PLASING: @novieguide

Die eerste reeks getiteld, “A Practical Introduction to Film Acting”, word deur Van der Walt aangebied. Met dié reeks beoog hy om studente stap-vir-stap met die nodige  vaardighede toe te rus sodat hulle met meer selfvertroue die filmbedryf kan betree. Die reeks bestaan uit 19 lesse wat elk tot 30 minute lank duur. 

De Beer, alumnus van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die US, bestuur die besigheidskant van die platform. Hy het by dié platform betrokke geraak omdat hy glo dat daar ’n behoefte in Suid-Afrika is om stories te vertel. 

“Ons kan mense inspire, opvoed en ons kan werklik ’n verskil maak. Ek glo NovieGuide sal mense kan motiveer om hulle passion project uit te voer,” het De Beer gesê.

Volgens Van der Walt hou die toekoms nog baie in vir NovieGuide en word nóg vier ander reekse beplan voor die einde van die jaar, wat deur ander spesialiste aangebied sal word.

“Die grootste feature waarna ons uitsien is die Tribe-feature. Jy kan met ander akteurs regstreeks op die platform connect,” het Van der Walt gesê. 

Meer as nét ’n opvoedkundige platform

“Ons wil [deur NovieGuide] mense help om die beste weergawes van hulself te wees,” het Van der Walt gesê. 

IMG_7773 (1)

“Dit het alles begin met ’n nota op my foon in 2016.” Edwin van der Walt se droom om ander mense te help, het oorsprong gevind in die moeilike tye van sy eie lewe. FOTO: Facebook/NovieGuide

Volgens Anmari Oosthuizen, wat tans haar honneurs in Drama- en Teaterstudies aan die US voltooi, het Van der Walt deur die opvoedkundige reeks haar ’n wêreld van selfvertroue voor die kamera oopgemaak. 

“Hy het vir my die belangrikheid geleer om jou tyd voor die kamera te vat,” het Oosthuizen gesê.

, , ,