Plaaslike landgoed ingesluit in lys van top-500 hotelle ter wêreld

’n Plaaslike wynlandgoed se hotel is onlangs ingesluit in ’n lys van top-500 hotelle ter wêreld. Dit is volgens Jeaneret Momberg, hoofuitvoerende beampte by Visit Stellenbosch, ’n toerisme-inligtingsentrum in Stellenbosch. 

So ’n internasionale benoeming is iets wat geweldig kan bydra tot die plaaslike en nasionale ekonomie, volgens Momberg.

Die Babylonstoren-plaas dateer uit 1692. Die oudste geboue op die plaas is in die laat 1700’s opgerig. Die herehuis dateer uit 1777. Dit is volgens Simón la Cock, media- en kommunikasie-koördineerder by Babylonstoren. FOTO: Anri van Helsdingen

Stellenbosch as wêreldklas-toeristebestemming

“Die [Travel & Leisure]-toekennings erken die beste hotelle regoor die wêreld, gekategoriseer volgens alfabetiese volgorde,” het Simón la Cock, media- en kommunikasiekoördineerder by Babylonstoren, gesê. “Daarom is daar geen ranglys volgens hoe goed ons presteer het nie,” het Simón la Cock, media- en kommunikasiekoördineerder by Babylonstoren, gesê. “Daarom is daar geen ranglys volgens hoe goed ons presteer het nie.” 

Stellenbosch is ’n bekende toeristebestemming, en dit is motiverend wanneer ’n instansie internasionale erkenning verkry, het Momberg gesê. 

“Dit bevestig ook Stellenbosch self as ’n wêreldklas-toeristebestemming wanneer ons lede en instansies in en rondom Stellenbosch internasionale erkenning vir die gehalte van diens of die tipe produk wat hulle bied, ontvang,” het Momberg gesê.

Babylonstoren-hotel se internasionale erkenning help om plaaslike toeriste van Suid-Afrika sowel as internationale toeriste na Stellenbosch en sy omliggende areas te lok. Dit is volgens Hugo Pienaar, hoofekonoom by die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER). 

Babylonstoren is geleë in die hart van die wynlande, met Simonsberg as agtergrond, volgens Simón la Cock, media- en kommunikasie-koördineerder by Babylonstoren. FOTO: Anri van Helsdingen

Toerismesektor terug op die been na pandemie

“[Die] meeste instansies in en rondom die omgewing het teruggekeer na normaal, ná die ekonomiese impak wat Covid-19 op die toerismesektor gehad het,” het Momberg gesê. 

Die ekonomiese impak op Stellenbosch wanneer ’n plaaslike instansie internasionale erkenning ontvang, is fantasties, het Momberg gesê. “Dit dwing ons om te verseker dat ons die toerisme-ekonomie van Stellenbosch uitbrei en dat al die gemeenskappe daarvan voordeel moet trek,” het Momberg gesê.

“Ons is inderdaad ’n bekende wêreldklas toerisme-inligtingsentrum, wat trots is op die gehalte van diens wat ons bied en kan werklik spog met die feit dat ons ’n bo-standaard seisoen gehad het,” het Momberg bygevoeg.

“Babylonstoren se geskiedenis en skoonheid was iets wat ons nooit vir onsself kon hou nie,” het Simón la Cock, media- en kommunikasie-koördineerder by Babylonstoren, gesê. FOTO: Anri van Helsdingen