Gemeenskapslede, families en sokkerliefhebbers het die Idasvallei-sportgronde gevul toe Nelsons AFC ’n sokker toernooi gehou het om hulle 120ste bestaansjaar te vier. Die sokkertoernooi, op 4 en 6 April, het die talent van die jeug in die gemeenskap ten toon gestel.
Aubrun Mezichel, die sekretaris van Nelsons AFC, sê dat die beplanningsproses het verlede jaar plaasgevind. Mezichel het bygevoeg dat Johannes Adams, die president van die Nelsons, gevoel het dat Idasvallei ’n gemeenskap-sokkertoernooi nodig gehad het.

Die wenners van die beker is Young Rovers-sokkerklub, met ’n dominante vertoning teen Victoria Swifts-sokkerklub by Nelsons se 120ste-bestaansjaartoernooi. FOTO: Verskaf/Viola Anthony
“Ons [Nelsons] is die oudste klub in Idasvallei en sien onsself as leiers in die gemeenskap. Ons het onsself verplig om hierdie ding [Paasnaweek-sokkertoernooi] weer lewe te gee,”sê Mezichel.
Gedurende die beplanning van die toernooi het baie spanne onttrek, en Nelsons moes vinnig met alternatiewe spanne vorendag kom. Die spanne wat deelgeneem het, was: Stellenbosch United, Idasvallei, Young Rovers, Newtowns, Training 4 Changes, Victoria Swifts, Lokxion Stars AFC, West Coast College, Elsenburg-landboukollege, Robertson Academy en die gashere, Nelsons.
Die toernooi het baie toeskouers gelok van verskeie areas in Stellenbosch. Mezichel sê hy kon op die gemeenskapslede se gesigte sien dat hulle dit geniet het en dat dit hom bly gemaak.
Die inwoners van Stellenbosch het in groot getalle opgedaag: “[Die] Saterdag was hier maklik oor die 1000 mense. Dit spreek boekdele oor wat dit [Nelsons-gemeenskap-sokkertoernooi] beteken,” sê Byron Ruiters, media- en skakelbeampte van Idasvallei-sokkerklub.

Victoria Swifts-sokkerklub en Young Rovers-sokkerklub is beide wenners van hulle verskeie groepe. Die twee spanne het mekaar in die senior-afdeling teëgestaan. FOTO: Verskaf/Viola Anthony
George Rhoda, die voorsitter van Stellenbosch se Plaaslike Sokkervereniging, sê dat die toernooi is bewys dat mense van Stellenbosch honger vir sokker is.
Charl Beukes, sê dat Idasvallei ’n klein gemeenskap met groot talent, en dat die gemeenskap lief vir sport is.
Beukes het benadruk dat hierdie toernooi nie net ’n viering van Nelsons se 120ste verjaarsdag is nie, maar ook dat dit ’n belegging in die jeug en die gemeenskap se toekoms is. Garth Le Roux, die hoof van bedrywighede by Stellenbosch United-sokkerklub, beaam Beukes se mening en sê dat dit die klubs in die Idasvallei gemeenskap se verantwoordelikheid is om die jeug te ondersteun, hulle talent te ontwikkel en om hulle te help hul volle potensiaal te bereik.
Die voorsitter van Nelsons, Christie Wenn, sê dat die klub in 1906 gestig is. Hulle fokus tans daarop om ’n platform te bied wat as ’n positiewe uitlaatklep vir die jeug dien.

Die Idasvallei-sportgronde was volgepak soos mense rondom Stellenbosch gekom het om die toernooi te ondersteun. FOTO: Verskaf/ Viola Anthony
Volgens Mezichel, was die toernooi ’n groot sukses vir Nelsons. Hy sê die klub wil graag in die toekoms weer ’n soortgelyke toernooi wil aanbied. Mezichel voeg by dat die klub weer aan die Stellenbosch Plaaslike Sokkervereniging sal skryf om die toernooi volgende jaar weer te hou.
| Finale Afdeling Wenners | ||
| Finale Westryde | Afdeling | Wenner |
| Victoria Swifts FC 1 vs 2 Young Rovers FC | Senior Afdeling | Young Rovers FC |
| Nelsons AFC vs Training 4 Changes (Stafdoele) | O/17 | Training 4 Changes |
| Nelsons AFC vs Lokxion Stars FC (Strafdoele) | O/15 | Lokxion Stars FC |
| Lokxion Stars FC 0 vs 3 Training 4 Changes | O/13 | Training 4 Changes |
| Stellenbosch United 0 vs 2 Lokxion Stars FC | O/11 | Lokxion Stars FC |
| Nelsons AFC 0 vs 1 Stellenbosch United FC | O/9 | Stellenbosch United FC |
Die Maandag, het ses verskeie finale gehou, met die verskeie wenners aangekondig met hulle eie trofeë.Young Rovers FC was te sterk vir Victoria Swifts FC en het die toernooi gewen. Infografika: Gio Anthony
*Ons het op 15 April om 19:28 veranderinge aan die artikel aangebring. Ons het gesê dat die Nelsons AFC deur die Wenn-familie gestig is.
