Departement Joernalistiek vier 40 jaar met boekbekendstelling

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Joernalistiek het gister sy 40ste bestaansjaar gevier met die bekendstelling van ’n gedenkpublikasie, Joernalistiek 4.0, by die US Woordfees.

Die publikasie se titel verwys nie net na die afgelope 40 jaar nie, maar ook na die stand, rol en toekoms van joernalistiek in Suid-Afrika.

’n Paneel van veteraanjoernaliste, gelei deur Professor Lizette Rabe van die departement, het die toekoms en posisie van joernalistiek in ’n demokratiese samelewing bespreek.

Volgens Rabe is daar spesifiek op die kleur blou besluit vir die omslag van die boek. Dit dien as agtergrond van ’n satelliet wat dui op ’n netwerk gemeenskappe, ʼn simbool van die internet wat mense saambind en dat die moontlikhede oneindig is.

In haar openingstoespraak het Rabe beklemtoon dat “goeie joernalistiek  in gedrang is met dít wat bekend staan as die ontwrigtende digitale ekonomie”.

Sy is van mening dat die media een van die bedrywe is wat die meeste daaronder lei.

“Vir die tussenfase, die druk en digitale-mediamodel, het ons nog nie ’n antwoord nie, maar sal hopelik een in die toekoms vind.”

Die Paneel het bestaan uit: George Claassen, Chantel Erfort, Tim Du Plessis, Jo-Ann Floris, Marenet Jordaan, Esmaré Weideman, Mpumelelo Mkhabela en Lizette Rabe. FOTO: Nicolette Van Schalkwyk

Die paneel het bestaan uit: George Claassen, Chantel Erfort, Tim Du Plessis, Jo-Ann Floris, Marenet Jordaan, Esmaré Weideman, Mpumelelo Mkhabela en Lizette Rabe. FOTO: Nicolette Van Schalkwyk

Die gesprek het beklemtoon dat daar net een waarborg is tussen “demokrasie en disaster” en dit is die vrye media. Vrye media dien as fondasie vir ’n demokrasie en daarsonder sal ’n demokrasie nie bestaan nie.

Mpumelelo Mkhabela, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) en voormalige redakteur van The Sowetan, is van mening dat onetiese joernalistiek een van die grootste bedreigings vir goeie joernalistiek is.

Volgens Marenet Jordaan, dosent by die departement, “moet sprekers nie pessimisties oor die toekoms wees as hulle studente oplei nie. Daar moet eerder gefokus word op kritiese denke, eerlike verslaggewing en om nie net vir studente oor tegnologie te leer nie, maar ook die basiese vaardighede van joernalistiek”.

Heike Werth, BPhil-klas van 2015 FOTO: Nicolette Van Schalkwyk

Heike Werth, BPhil-klas van 2015 FOTO: Nicolette Van Schalkwyk

,