US-alumna se bekroonde dokumentêr gekies deur MTV

’n Alumna van die Universiteit Stellenbosch (US) se dokumentêr is in Oktobermaand amptelik aangekondig as die enigste Suid-Afrikaanse film wat deur MTV Documentary Films, ’n afdeling van MTV Studios, bekom is. 

Die film My Father The Mover — wat deur Julia Jansch vervaardig is — vorm nou deel van ’n reeks bekroonde speel- en kortfilms wat kyk na onderwerpe wat die lewens en toekomstige lewensuitkyk van jongmense beïnvloed. 

Die reeks was deur Sheila Nevins, hoof van MTV Documentary Films, saamgestel. 

My Father the Mover kyk na die wêreld uit die oë van Stoan “Move” Galela, wat homself ywer om kinders uit Khayelitsha op te hef en te inspireer deur dans.

Volgens Jansch, wat haar honneurs in Internasionale Studies aan die US in 2005 voltooi het,  handel die film oor ’n danser en selfverklarende Mover wat Gqom-danspassies gebruik om kinders te help om uit te styg bo hul omstandighede en hul superkragte te ontdek.

My Father The Mover was, in besonders, gekies omdat dit egte emosie beskik — en die potensiaal het om die wêreld te verander, het Nevins vertel. 

“Hopelik sal dit gesien word om mense te inspireer om nie net hul liggame op die musiek te move nie, maar ook deur hierdie moeilike tye,” het sy gesê.

Julia Jansch, wie se kortfilms by rolprentfeeste regoor die wêreld bekendgestel word, spog met ’n MBA- en MSC-graad van Oxford Universiteit en ’n rolprentdiploma van die New York Film Academy. FOTO: Verskaf/Alani Coetsee

Nadat My Father The Mover aangewys was as die Beste Dokumentêre Kortfilm by die 2020 Tribeca Film Festival-Rolprentfees, was Jansch vroeer vanjaar genader deur Nevins, namens MTV Documentary Films, om die film te bekom.

“[Nevins] het ’n film in die Oscars verlede jaar gehad. So, dit was ’n geleentheid wat ek nie kon mis nie,” het Jansch vertel. 

My Father The Mover was aangewys as die Beste Dokumentêre Kortfilm by die 2020 Tribeca Film Festival-Rolprentfees. Die film is ook in talle ander Oscar-kwalifiserende feeste aanvaar, onder andere Palm Springs, Flickers ‘Rhode Island, Heartland en Cleveland. FOTO’s: Verskaf/Alani Coetsee

Volgens Stoan “Move” Galela, die inspirasie agter die film, is My Father The Mover te danke aan ’n gesprek tussen hom en Jansch. 

“[Jansch] het my eers genader om ’n dance experience saam met haar te doen en deur die hele proses, het sy my gevra of ek ’n danser is. Ek antwoord haar toe en sê: ‘Ek is nie ’n danser nie, maar ’n Mover’,” het Galela verduidelik. 

Volgens Galela, het Jansch baie geïnteresseerd geraak. Daarna het hy meer uitgebrei oor sy agtergrond, familie en die groep kinders wat hy leer van Khayelitsha, United Township Dancers. 

Dit was die begin van My Father The Mover, het Galela gesê. 

“Die feit dat ek [Galela] die platform kon gee wat hierdie film hom gegee het en die geleenthede wat daaruit ontstaan ​​het, was die grootste loopbaanmylpaal wat ek al bereik het,” het Jansch gesê.

, ,