
Loren Ehlers, die eerste klassieke trekklavier-student by die Universiteit Kaapstad (UK) in 30 jaar, tydens ’n onlangse optrede by Trekklavier is GROOT in die Endlersaal. FOTO: Kobus Erasmus
Stellenbosse musiekliefhebbers het onlangs byeengekom in die Universiteit Stellenbosch (US) konservatorium se Endlersaal om die jaarlikse wêreld-trekklavierdag te vier.
Die geleentheid was deel van die Afrikaans 100-inisiatief, waartydens Afrikaans se 100 jaar as ampstaal gevier word. Dit is volgens die inisiatief se webtuiste.
Dit is volgens Leon Oosthuizen, president van die Suid-Afrikaanse Vryriet Vereniging (Safra) en trekklavierspeler by die Trekklavier is GROOT-konsert wat op 6 Mei vir die eerste keer in die Endlersaal plaasgevind het. SMF News het die geleentheid bygewoon.
“Die kriteria vir die kunstenaars [by die geleentheid] was dat daar iets met ’n trekklavier, konsertina of vryrietinstrument moes wees. Óf iets Afrikaans,” het Oosthuizen gesê.
Vryrietinstrumente is instrumente wat klank produseer deur lug oor ’n vibrerende riet in ’n klankkas te stoot. Dit sluit trekklaviere, konsertiena’s en mondfluitjies in volgens Brittanica.
Wêreld-trekklavierdag word jaarliks op 6 Mei gevier. Dit is die dag van waarop die herdenking van die uitvinding van die trekklavier gevier word. Die Confédération Internationale des Accordéonistes (CIA) het die eerste wêreld-trekklavierdag in 2009 georganiseer.
Dit is volgens Louis Verwey, trekklavier-kunstenaar by die konsert en lid van Safra.
“Dit is vir my baie spesiaal om wêreld-trekklavierdag te kan hou, want dit wys die liefde [vir die instrument],” het hy gesê. “Ek kan sien [dat] mense dit geniet het.”

Lede van die Wes-Kaap Orkes het twee volkswysies by die Trekklavier is GROOT-konsert opgevoer, naamlik Hier’s ek weer en Dis te vêr om te ry. FOTO: Kobus Erasmus
Die geleentheid het ’n verskeidenheid optredes van verskillende trekklavierspelers, plaaslike kore en orkeste ingesluit. Die genres wat opgevoer is, het gewissel van boeremusiek en tango, tot kontemporêre pop- en klassieke-musiek.
Dit is volgens Loren Ehlers, musiek-student by Universiteit Kaapstad (UK) en kunstenaar by die geleentheid.
“Wêreld-trekklavierdag bring altyd ’n interessante mengsel van trekklavierspelers van alle lewensterreine bymekaar. Ek probeer om klassieke musiek hier te verteenwoordig, ek is ’n klassieke musiekstudent,” het Ehlers gesê.
’n Herlewing van die geleentheid
In 2017, het die viering van wêreld-trekklavierdag in Suid-Afrika byna tot ’n einde gekom as gevolg van ’n gebrek aan reëlings om die geleenthede te moontlik te maak, volgens Verwey.
Verwey het in 2022 voorgestel dat die geleentheid ook weer in Suid-Afrika gevier moet word. Oorsee is dit “’n groot ding,” het hy gesê.
“Toe, in 2023 hou ons [die geleentheid.] Laasjaar was hy bietjie groter: Ons het Skotse-dansers daar gehad, en tango-dansers. Toe hierdie jaar is dit nog groter. Toe kom ons Endlersaal toe. Volgende jaar gaan dit nóg groter wees,” het Verwey gesê.
Uitvoerders by Trekklavier is GROOT voer ’n vertolking van Johann Strauss se Radetzky Mars op. VIDEO: Kobus Erasmus