Sanlam WOW Provinsiale Spelfees beklemtoon belangrikheid van taal en geletterdheid

Na aanleiding van Internasionale Geletterdheidsdag op 8 September 2018, is die jaarlikse Sanlam WOW Provinsiale Spelfees Saterdag by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.

Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n taalbemagtigingsprojek van die US se Woordfees.

Die doel van die kompetisie is om leerders se taalkennis en woordeskat uit te brei, en effektiewe taalgebruik aan te moedig deur woorde binne 30 sekondes hardop te klank of spel.

FOTO 1

Leerders het in verskeie lokale deelgeneem aan die kompetisie.  FOTO: Jody-Lynn Taylor

“As leerders nie kan spel nie, kan hulle ook nie skryf of leer nie. Ek dink die waarde van die spelfees is juis daar om van ’n jong ouderdom af reeds te belê in hierdie deelnemers,” sê Jeneen Wallow, projek-koördineerder van die WOW-projek.

FOTO 2

Janeen Wallow van die WOW-projek glimlag vir ’n foto by die provinsiale spelkompetisie. FOTO: Jody-Lynn Taylor

                                                

Altesaam 650 leerders  van regoor die Wes-Kaap het deelgeneem aan die kompetisie, insluitend Afrikaans Huistaal leerders van graad 1-10, Engels (Eerste Addisionele Taal) van graad 6-9 en isiXhosa (Huistaal) van graad 6 tot 7.

FOTO 3

Ouers en onderwysers sit en wag senuweeagtig vir leerders omdat hulle nie toegelaat was in die lokale nie. FOTO: Caira Blignaut

Die kompetisie wat vanjaar sy 6de bestaansjaar vier is geopen deur Fiona van Kerwel, projekbestuurder van die WOW-spelfees. Van Kerwel het die reëls van die kompetisie verduidelik en leerders voorberei om hulle gemaklik te maak en van hul senuwees ontslae te raak.

FOTO 4

Fiona van Kerwel verwelkom ouers en leerders by die spelfees. FOTO: Caira Blignaut

“Elke leerder wat vandag hier teenwoordig is, het in die verskillende rondtes van die kompetisie, skool-, kring- en distrikvlak goed gevaar. Hulle is uit meer as 246 skole gekies om hul distrik te verteenwoordig en dit is iets om op trots te wees,” sê van Kerwel.

Op die dag was daar ’n aankondiger in elke lokaal wat die woorde aan deelnemers gelees het, beoordelaars en ’n tydhouer om seker te maak niemand word benadeel nie.

Jodecee Solomons (23), ’n junior personeellid van die WOW-projek, wat vanjaar vir die eerste keer deel is van die span, sê dit is ’n ongelooflike ervaring om deel te wees van die voorbereiding van die kompetisie en só goeie en georganiseerde span.

Infographic

“Ek is ’n groot liefhebber van Afrikaans en juis omdat die spelfees oorheersend in Afrikaans aangebied word verander dit my manier van dink oor die taal en ek groei as persoon in my taal,” voeg Solomons by.

FOTO 5

Jodecee Solomons is vanjaar vir die eerste keer deel van die WOW-span. FOTO: Caira Blignaut

Volgens Anja Piek, ’n Graad 2-onderwyseres by Sir Lowry’s Pass Primêr buite Somerset-Wes wat leerders op die dag vergesel het, gee die kompetisie ook baie selfvertroue aan leerders.

William Hartley (14), van Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury  wat verlede jaar aangewys is as die nasionale kampioen het weer vanjaar deelgeneem.

FOTO 6 (2)

William Hartley, die 2017 kampioen van die Sanlam WOW Spelkompetisie. FOTO: Caira Blignaut

“Ek voel verbasend nie senuweeagtig nie, maar eerder opgewonde om weer deel te neem aan die kompetisie,” sê Hartley.

Elke leerder wat deelgeneem het aan die spelfees het ’n sertifikaat ontvang. Die eerste drie leerders per graad is beloon met ’n sertifikaat, medalje, balkie en boekprys van NB-Uitgewers.

FOTO 7

Die top-drie-leerders het elkeen weggeloop met ’n medalje, balkie en boekprys. FOTO: Caira Blignaut

Die eerste vier leerders uit elk van die nege provinsies sal op Saterdag 20 Oktober 2018 kragte meet by die Sanlam WOW Nasionale Spelfees by die US.

FOTO 8

Deanna Holland (10), Divine Badiva (13) en Shuaneeq Cloete (10) van Rusthof Primêr in die Strand, het almal deelgeneem aan die Wes-Kaapse provinsiale kompetisie. FOTO: Jody-Lynn Taylor

-Jody-Lynn Taylor en Caira Blignaut