Oud-Matie gan sy poetry collection in Kaaps debut!

ʼn Voomalige student annie University van Stellenbosch (US) het recently ʼn kontrak met Kwela Boeke losgeslaan vi sy debut poetry collection wat in Kaaps gepublish gan wôd. Dié collection – Ameerah – sal op 16 Februarie 2021 oppie rakke veskyn.

Ashwin Arendse, wat in 2018 sy BA-degree in Drama en Theatre Studies annie US voltooi het, se collection se naam kom van sy agjarige pêd, Ameerah, en sal soewat 35 poems include.

Volgens Arendse kô baie vannie poems innie collection ytte tyd in sy liewe waa sy pêd die ienagste konstant was tussen ie chaos.

Arendse het sy pêd as ’n gift gekry toe die pêd twie jaa oud was. Alhoewel hulle mekaa nie mee soe often sien nie, ve’tel hy dat sy pêd ’n goot rol in sy liewe gespeel et en dat daa ’n close bond tussen hulle develop het. Arendse se poetry collection is na dié pêd venoem. FOTO: Facebook/Ashwin Arendse.

Arendse het sy pêd as ’n gift gekry toe die pêd twie jaa oud was. Alhoewel hulle mekaa nie mee soe often sien nie, vetel hy dat sy pêd ’n goot rol in sy liewe gespeel het en dat daa ’n close bond tussen hulle develop het. Arendse se poetry collection is na dié pêd venoem. FOTO: Facebook/Ashwin Arendse.

“Ek het ʼn naam gesoek wat jou force ommie boek oep te maak [en te lies]. Iets wat oep is en nie maklik is om te interpret dee net na die naam te kyk ie,” het Arendse aan MatieMedia gesê.

Arendse is extremely happy oorie feit dat sy collection in Kaaps gepublish gan wôd.

Coloureds wôd usually vanne jong ouredom af gegroom ommie “Kaapse stemmetjie in hulself te silence”, het hy gesê.

“Kaaps issie taal waa in my karakters en stories en wêrelde bestaan,” het Arendse gesê. “Deesdae is daa nie ʼn gebrek an Kaapse stories nie, maa eede ʼn gebrek anne appreciation virrit.”

Volgens Arendse vetel Ameerah die storie van sý liewe – die vanne coloured laaitie.

Arendse is currently biesig om sy MA-graad in Kreatiewe Skryfwerk by Rhodes-Universiteit te voltooi. Hy specialize spesifiek in Kaaps. FOTO: Verskaf/Ashwin Arendse.

Arendse is currently biesag om sy MA-graad in Kreatiewe Skryfwêk by Rhodes-Universiteit te voltooi. Hy specialize spesifiek in Kaaps. FOTO: Verskaf/Ashwin Arendse.

Dié experience het hom toegelaat om diep in sy eie liewe te krap en homself biete te lee ken, het Arendse gesê.

“Ek is gewoonlik ʼn baie introverted mens. Om jouself soe oep te maak in jou poetry maak mens baie vulnerable,” het hy gesê.

Carolyn Meads, ʼn publisher by Kwela Boeke, het gesê dat Arendse ʼn poet met fyn waanemingsvermoë is. Vêde verstaan hy hoe om sy waanemings in poems te transform, het Meads gesê. Dít laat ie reader toe ommie karakters, ruimtes en gebeure voo hulle te sien afspeel, het sy gesê.

“Die wêreld wat hy beskryf – hoofsaaklik dié van die bruingemeenskap in Malmesbury – is een wat onderverteenwoordig is in Afrikaanse letterkunde en is dus van groot waarde,” het Meads gesê.

Innie boenste video praat Nathan Trantraal oo sy debut poetry collection, Chokers en Survivors. Trantraal is een van Arendse se gootste inspirations. Hy vetel dat Arendse ’n gewillige poet is wat genuine vookom in sy wêk. Sedert dié twie in 2018 gemeet het, het hulle vehouding baie gegroei. Trantraal vetel dat hulle baie gemaklik met mekaa geraakit ennat Arendse ’n goeie luisteraar is. VIDEO: YouTube/kyknettv.

Volgens Meads is Arendse se Kaaps eie annie Swartland ommat hy die bryklank skriftelik inslyt.

“Dit is ’n variëteit van Afrikaans wat nog nie, na my wete, vantevore in die poësie beslag gevind het nie en is dus vernuwend en verrykend,” het Meads gesê.

Nathan Trantraal, die famous Kaapse poet en Arendse se mentor, het vetel dat hy Arendse in 2018 virrie eerste kee by ʼn poetry performance op Stellenbosch gemeet het.

“Sy poem se naam was ‘WWE’ en ek het dadelik uitgebas vannie lag toe ekkit hoo. It was refreshing om só ʼn jong poet te sien wat sy eie identity ken – en wat ittie wegstiek as hy oppie stage issie,” het Trantraal gesê.

, , ,