Nuwe koshuis beplan vir US


Die Universiteit Stellenbosch (US) beplan om teen 2020 ʼn nuwe 350-bed-woning by sy reeds uitgebreide lys woonplekke te voeg. Die nuwe koshuis sal naby die Goldfields-kompleks op die Stellenboschkampus opgerig word.

Volgens US-woordvoerder Martin Viljoen sal die koshuis na alle verwagting ’n gemengdegeslagskoshuis wees.

Viljoen sê die projek is nog in die beplanningsfase. “Daar moet nog munisipale goedkeuring verkry word om die ontwikkeling te doen. Die terrein beskik tans nie oor voldoende dienste soos elektrisiteit en parkering nie.”

Munisipale regulasies bepaal verder dat daar ʼn sekere aantal parkeerplekke per bed moet wees voor die ontwikkeling mag plaasvind.

’n Oop stuk grond langs die Goldfields-sportfasiliteite. Volgens Viljoen is daar egter nog nie ’n definitiewe besluit geneem oor waar die koshuis gebou gaan word nie. FOTO: Ané van Zyl

’n Oop stuk grond langs die Goldfields-sportfasiliteite. Volgens Viljoen is daar egter nog nie ’n definitiewe besluit geneem oor waar die koshuis gebou gaan word nie. FOTO: Ané van Zyl


Voorsitter van die US Studenteraad, Lwando Nkamisa, sê die bou van ’n nuwe koshuis is ’n stap in die regte rigting. “Ons beweeg nou voorentoe. Daar moet voorsiening gemaak word vir die studente wat verkies om in gemengdegeslagskoshuise te bly.”

“Ek verstaan Goldfields is ’n bietjie vêr van kampus, maar ek dink dit sal help om die behuisingsprobleem op kampus te verlig,” sê Nkamisa.

Viljoen sê dit is belangrik om in ag te neem dat dienste op die kampus en dorp ten minste 45 jaar oud is. “Alvorens enige ontwikkeling kan plaasvind moet die dienste eers belyn word met die nuwe kapasiteit van gebruik. Die huidige dienste is reeds onder druk.”

Omdat Stellenbosch-kampus met die dorp verbind is, moet infrastruktuur vir byvoorbeeld riool opgegradeer word.

Boukoste is ook baie hoër as in ander dele van die land. Die US het die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) ingelig oor planne om ʼn koshuis op die sentrale kampus te bou, met die hoop om gedeeltelike befondsing daarvoor te bekom.

Die DHOO skakel elke derde jaar met alle universiteite in verband met aansoeke vir befondsing van infrastruktuurprojekte. Universiteite kry dan die geleentheid om prioriteit-projekte, wat nie uitsluitlik studentebehuising is nie, te motiveer.

R1,1 Miljard aan studentebehuising

Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Naledi Pandor, het vroeg in April ʼn bedrag van R1.1 miljard aan 17 universiteite landswyd toegeken vir studentebehuising.

Die US het ook aansoek gedoen vir geld uit die Infrastructure and Efficiency Grant Funding. Die hoeveelheid fondse wat van die DHOO ontvang word, sal volgens Viljoen waarskynlik eers in Mei bekend wees.

Die Burger het egter aan die begin van April berig die universiteite wat die meeste voordeel trek uit die Infrastructure and Efficiency Grant Funding is Fort Hare-Universiteit met R122 miljoen, Sentrale Universiteit van Tegnologie (Bloemfontein) wat R100 miljoen kry, en die Universiteit van Johannesburg (UJ), waaraan R80-miljoen toegeken is.

[infogram id=”ca563af2-f0d6-4eb0-b2fe-0239f89f6c2a” prefix=”0af” format=”interactive” title=”Bar Chart”]

US onderhou bestaande infrastruktuur

Viljoen sê die US het onlangs verskeie projekte geloods om die aanbod van akkommodasie en ander opsies vir studente te verbeter.

“Die mees onlangse toekennings van die DHOO word gebruik vir noodsaaklike opgraderings van bestaande infrastruktuur. Oor die afgelope aantal jare is nagenoeg 780 beddens bygevoeg uit vorige befondsings,” sê hy.

“In 2016 is 208 beddens by die Tygerbergkampus bygevoeg, en in Julie 2017 is nog 200 beddens oopgemaak. Die US het gedurende 2016/17 drie dameskoshuise (Serruria, Nemesia en Erica) opgegradeer en het pas ʼn groot opknapping van Helshoogte manskoshuis begin. ’n Nuwe kombuis en eetsaal word ook tans by Goldfields aangebou.”

Volgens die US-webtuiste kan die universiteit sowat 6 500 studente in omtrent 27 universiteitskoshuise en ander universiteitsblyplekke huisves. By die Tygerbergkampus is daar vyf koshuise wat ongeveer 1 000 studente van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe kan huisves.

Op die Stellenboschkampus het die US tans 12 voorgraadse-dameskoshuise en nege voorgraadse-manskoshuise. Daar is ook drie gemengdegesslagkoshuise.

Open land near Goldfields sports facilities. According to Viljoen a definite decision has not been taken as to where the residence will be built. PHOTO: Ané van Zyl

Open land near Goldfields sports facilities. According to Viljoen a definite decision has not been taken as to where the residence will be built. PHOTO: Ané van Zyl

Stellenbosch University (SU) plans to add a new 350-bed residence to its already extensive list of student housing by 2020. The new residence will be built near the Goldfields-complex on the Stellenbosch campus.

According to SU spokesperson Martin Viljoen, the residence will in all probability be co-ed.

Viljoen says the project is still in the planning phase. “We are still waiting on municipal approval for the development. The site does not currently have sufficient services such as electricity and parking.”

Chairperson of the Student Representative Council, Lwando Nkamisa, says the construction of a new residence is a step in the right direction. “We are moving forward now. There must be provision for students who prefer to stay in co-ed residences as well.”

“I understand Goldfields is a bit far from campus, but I think it will help to alleviate the housing problem we currently face,” Nkamisa says.