NOU TE SIENE: HERWINNING – WAT DIE OOG NIE SIEN NIE…

’n Blik agter die US se groen gordyn

Herwinbaar, nie-herwinbaar en kos/kompos: Die drie-drom-stelsel word al vir ses jaar op die Universiteit Stellenbosch se kampus gebruik. Maar hoeveel van hul rommel word werklik herwin?

In hierdie dokumentêre film kry ons ’n blik agter dié groen gordyn, en gaan op reis met jou rommel. Vanaf die vullisdrom tot by die herwinningsaanleg. Ons kry ook ’n vooruitblik van die universiteit se planne om hul rommelspoor skoon te vee. 

Die span agter HERWINNING – Wat die oog nie sien nie… is Anri Matthee, Candice Jantjies, Carla Visagie, Wessel Krige.

, , ,