Meer as 50 plaaslike wynplase kuier by vanjaar se wynfees

Die Stellenbosch-wynfees  wat onlangs in die Stellenbosch Stadsaal aangebied is, was vanjaar bykans uitverkoop. Dit is volgens Elmarie Rabe, bestuurder van die Stellenbosch-wynroete en feesorganiseerder. 

“Ons het baie meer kaartjies verkoop as laasjaar,” het Rabe vertel. Die fees is vanjaar op 4 en 5 Augustus aangebied.

Sowat 600 uit die beskikbare 800 kaartjies is vanjaar verkoop, het Rabe gesê.

“Die fees is elegant en is gemik op ’n baie spesifieke mark wat lief is vir goeie wyn en goeie kos,” het Rabe verduidelik.

Sowat 54 wynplase uit die Stellenbosch-streek het aan vanjaar se Stellenbosch-wynfees deelgeneem. Dit is volgens Elmarie Rabe, bestuurder van die Stellenbosch-wynroete. FOTO: Liza-May Pieters

Verskillende wynstreke teenwoordig

Die stadsaal was opgedeel om die verskillende wynstreke van Stellenbosch te verteenwoordig, het Rabe gesê. Dit het ingesluit Helderberg, Simonsberg, en Stellenboschberg tot by die Stellenbosch Vallei. Altesaam 54 wynplase se wyne was by vanjaar se fees beskikbaar, het Rabe bygevoeg.

Die Stellenbosch Reserve, wat vorige jare ook by die wynfees was, het vanjaar meer mense by die fees gesien. Dit is volgens Jandre Breytenbach, wynkenner by die Stellenbosch Wine reserve-stalletjie.

“Daar was hierdie jaar definitief meer internasionale toeriste wat die fees bygewoon het,” het Breytenbach gesê. “Dit was ’n baie groot sukses.”

Die jaarlikse Stellenbosch-wynfees het hierdie jaar op 4 en 5 Augustus in die Stellenbosch Stadsaal plaasgevind. FOTO: Liza-May Pieters

Beter kwaliteit

Organiseerders het ook vanjaar probeer om ‘n groter verskeidenheid kos voor te sit.

Die plaaslike sjef, Bertus Basson was vanjaar vir die feeskos verantwoorderdelik het sy gesê. 

“Ons geniet dit dat ons al ons kos en wyn hier op een plek kan kry, en dat alles by die kaartjie ingesluit is,” het Yutish Mushola, ’n vakansieganger van Durban, gesê.

“Dit is vir my baie opwindend dat almal so positief reageer,” het Rabe gesê.

Die stadsaal was opgedeel om die verskilllende plaaslike wynstreke te verteenwoordig, het Elmarie Rabe  bestuurder van die Stellenbosch-wynroete, gesê. FOTO: Liza-May Pieters