Kluster wil senior studente in die regte rigting (be)stuur

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Senior Living Spaces-kluster (SLS) beoog om deur middel van hulle nuutste inisiatief minder bevoorregte studente die kans te gee om hulle bestuurslisensies te kry. 

F596B84F-D48E-45B0-8A1A-ED3D988723B1

Die Universiteit Stellenbosch se SLS-kluster se bestuurskool-inisiatief, Driving School Initiative, beoog om aan minder bevoorregte studente die geleentheid bied om hulle bestuurslisensies te kry sodat hulle die arbeidsmark makliker kan betree. FOTO: Facebook/Chuma Gqola, gewysig deur Leo Cordom

Dié bestuursskool-inisiatief, genaamd Driving School Initiative, is in samewerking met die studenteraad (SR) en die senior prim komitee (SPK) op 27 Julie 2020 van stapel gestuur omdat talle studente die arbeidsmark sonder ’n lisensie betree, het Chuma Gqola, SLS-kluster sameroeper en MSc Polimeerwetenskap-student aan die US, gesê. 

“As ’n kluster is dit ons hoofdoel om studente te ondersteun – maar ook hulle oorgang vanaf universiteit [na die arbeidsmark],” het Gqola aan MatieMedia gesê. 

Dié soort ondersteuning is noodsaaklik, het Noel Bekkers, koördineerder vir residensiële opvoeding (ResEd) van die SLS-kluster, gesê. 

“Talle studente se hande is afgekap nadat hulle graad gevang het, omdat hulle nie ’n bestuurslisensie het nie,” het Bekkers gesê. 

IMG_8051 (1)

Die Senior Living Spaces-kluster, in samewerking met die US-studenteraad en die senior prim komitee, hoop om deur middel van dié inisiatief minder bevoorregte studente die geleentheid te gee om ’n bestuurslisensie te kry. FOTO: Verskaf/Chuma Gqola

Die inisiatief behels ’n aansoekproses waartydens studente ’n aanlyn-aansoekvorm moet invul en ’n CV en motiveringsbrief moet aanheg. Daarna word 25 kandidate op ’n kortlys geplaas en uitgenooi vir ’n onderhoud. Ná die onderhoudsproses word tien studente uitgenooi om deel te neem aan dié inisiatief, het Gqola gesê.

Dié studente ontvang ’n maksimum van tien gratis bestuurslesse deur die Online Driving Academy, wat tussen September en November voltooi moet word. 

[infogram id=”951d8014-8688-49ea-84ef-5ad1f8aebfb8″ prefix=”oZJ” format=”interactive” title=”SLS “]

Volgens Tebogo Ndaba, voorsitter van SPK, is dié inisiatief ’n manier om die gaping tussen meer- en minder bevoorregte studente te oorbrug. 

“Die meeste van ons kom uit agtergronde waar selfs ons ouers nie eers ’n voertuig in die huis besit het nie,” het Ndaba gesê. 

 

 

,