Gebrek aan deelname oor universele toegangsbeleid wek kommer

Die Stellenbosch Universitet (SU) se eenheid vir gestremdhede het tot dusver beperkte terugvoering gekry oor die hernuwing van die universele toegangsbeleid. Dit is volgens Marcia Lyner-Cleophas, hoof van die eenheid vir gestremdhede by SU.

Die eenheid het op 2 Mei ‘n aanlyn-bespreking gehou waar studente verdere geleentheid gekry het om insette te lewer op die nuwe universele toegangsbeleid. Net die mense wat die bespreking gelei het, het die vergadering bygewoon.

“Dit is teleurstellend dat deelname aan sake wat studente raak ook dikwels baie beperk is,” het Daniel Terblanche, bestuurder van die SU-studenteraad se spesiale behoeftes-portefeulje, gesê.

Die Universiteit van Stellenbosch (SU) se eenheid vir gestremdhede wil die universele toegangsbeleid hernu om sodoende kampus meer inklusief te maak vir studente, werkers en besoekers. Dit is volgens Marcia Lyner-Cleophas, hoof van die eenheid vir gestremdhede by SU. FOTO: Liza-May Pieters

Die beleid is vir almal

“Die beleid fokus nie net op studente nie, maar neem ook werkers en besoekers in ag,” het Lyner-Cleophas gesê.

“Die beleid het ten doel om ’n inklusiewe omgewing vir Maties te vestig, deur transformasie in die instelling te bevorder en alle studente met gestremdhede veilig en welkom te laat voel,” het Terblanche verduidelik.

Die nuwe beleid poog om duidelikheid te gee oor die universiteit se beleid oor gidshonde, onder Die eenheid het op 2 Mei ‘n aanlyn-bespreking gehou waar studente van psigiatriese ondersteunings- en mediese waarskuwingshonde, het Lyner-Cleophas verduidelik.

Daar word beoog dat die nuwe beleid teen September aan die SU se raad bekendgestel sal word. Die beleid moet eers deur die raad goedgekeur word voordat dit amptelik geïmplimenteer kan word, het Lyner-Cleophas bygevoeg.

Studente het nog tot die 19de Mei geleentheid om terugvoering te gee oor die Universiteit van Stellenbosch (SU) se nuwe universele toegangsbeleid, het Marcia Lyner-Cleophas, hoof van die eenheid vir gestremdhede by SU, verduidelik. FOTO: Liza-May Pieters

Inklusiwiteit 

Om die universiteit te adverteer as een met ’n transformerende studente-ervaring, moet ons ook studente met gestremdhede insluit. Dit is volgens Luigia Nicholas, koördineerder vir bemarking en opleiding by SU se eenheid vir gestremdhede.

“As ’n persoon met ’n gestremdheid is hierdie beleid ook vir my op ’n persoonlike vlak belangrik, aangesien dit help om te verseker dat die universiteit inklusief is vir myself en ander mense met gestremdhede,” het Nicholas gesê.

Die eenheid vir gestremdhede by die Universiteit  Stellenbosch (SU) het tot dusver nog baie min insette van  studente gekry rakende die hernuwing van die universele toegangsbeleid, het Marcia Lyner-Cleophas, hoof van die eenheid vir gestremdhede by SU, verduidelik. FOTO: Liza-May Pieters

, ,