Eendrag-manskoshuis kraai koning by vanjaar se Derbyweek

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Eendrag- en Helshoogte-manskoshuise het onlangs hul jaarlikse Derbyweek afgesluit, waar Eendrag-manskoshuis koning gekraai het. 

Dit is volgens Kyle Philander, huiskomitee-lid by Eendrag-manskoshuis en een van die organiseerders van die geleentheid. 

Volgens Steyn van Wyk is sportwedstryde baie gewild onder inwoners gedurende Derbyweek. “Dit is glad nie moeilik om deelname aan die Derbyweek te kry nie. Dit is altyd goed om te sien hoe gretig eerstejaars is om deel te neem aan Derbyweek,” het Steyn aan SMF News gesê. FOTO: Verskaf/Steyn van Wyk

’n Spanpoging

Volgens Steyn van Wyk, huiskomiteelid by Helshoogte-manskoshuis en mede-organiseerder van die geleentheid, sluit die Derbyweek 30 items in, en is ook bekend as die grootste Derby  tussen twee koshuise op kampus. 

“Hierdie geleentheid is altyd ’n hoogtepunt vir ons koshuis en die [koshuisgees] wat daarmee gepaardgaan,” het Steyn gesê. 

Die geleentheid sou nie moontlik wees sonder die goeie verhouding tussen die twee koshuise nie, het Philander aan SMF News gesê. 

 Nà afloop van die Derbyweek tussen Eendrag- en Helshoogte-manskoshuise was die [koshuisgees] tussen die twee koshuise baie hoog. Eendrag manskoshuis het op 12 Augustus as die algehele wenners van dié Derbyweek weggestap. Dit is volgens Kyle Philander, huiskomitee-lid van Eendrag-manskoshuis en organiseerder van die geleentheid. FOTO: Sebastian Paulus

Groot trekpleister

Een van die hoogtepunte van die Derbyweek week is die rugby-finaal, wat vanjaar meer as  2 000 toeskouers bygewoon is. Alhoewel Eendrag dié rugbywedstryd verloor het, het hulle steeds die Derbyweek gewen, volgens Philander.

“Dit was vir ons ’n bittersoet oomblik om die rugby te verloor, omdat dit ’n groot hoogtepunt is. Maar dit het steeds gehelp om die gemoed en trots onder koshuis-inwoners te hou,” het Philander gesê.

Eendrag- en Helshoogte-manskoshuise in aksie tydens die Derbyweek-beerpongwedstryd. FOTO: Verskaf/Steyn van Wyk

Stefan du Plessis, een van die toeskouers wat dié rugby-finaal op 11 Augustus by die Danie Craven-stadium bygewoon het, beskryf die geleentheid as opwindend en onvoorspelbaar. 

“Jy kan nie voorspel watter koshuis gaan wen nie. Dit was ’n baie interessante week om te sien hoe elke koshuis die verskeie spele aanpak,” het Du Plessis gesê.

Steyn en Philander hoop om die Derbyweek-tradisies volgende jaar voort te sit met die hoop om die koshuis-verhouding tussen Eendrag en Helshoogte te behou. 

Volgens Steyn van Wyk, huiskomitee-lid by Helshoogte-manskoshuis en mede-organiseerder van die Derbyweek, is aktiwiteite rondom  dié jaarlikse instelling altyd ’n goeie manier om eenheid in die koshuis te bevorder.  FOTO: Verskaf/Steyn van Wyk

, , ,