Die donkerkamer tydens ’n pandemie

LOCKDOWNAFRDie nasionale inperking het ten doel om Suid-Afrikaners van Covid-19 af weg te hou. Maar terselfdertyd hou dit ook fotograwe weg van die mense wat gewoonlik voor hul lense sou wees.

Sommige internasionale visuele kunstenaars van Gauteng is tans besig om te skaaf aan die groter prentjie oor wat dit beteken om fotograwe en filmmakers te wees terwyl daar ’n globale pandemie buite hul deure is.

F491B0C1-7DFA-41DB-8BCF-7E5E173E82C3

Van links na regs: Anthony Bila, Shanay Nel, and Justice Mukheli. FOTO’S: Verskaf

Veilig tuis, maar nie sonder verliese

Covid-19-verwante beperkings het die volgende drie maande se moontlike werksure uit fotograaf en filmmaker, Justice Mukheli, se skedule gevee.

Trou- en geleentheidsfotograaf Shanay Nel, het meer as 1 200 ure se werk verloor: 12 troues wat in April en Mei sou plaasvind, is gekanselleer. Dit is gewoonlik hul besigste maande van die jaar. Hierdie twee maande se inkomste sou gelykstaande gewees het aan ses maande se inkomste, sê sy.

Al ontwrig die inperking Nel se besigheid, moedig dit ook solidariteit in haar bedryf aan. VIDEO: Shanay Nel

Die fotograaf, filmmaker en kreatiewe konsultant, Anthony Bila, sou tans in Engeland gewees het vir ’n uitstalling, kunstenaarsverblyf, en portefeulje-hersiening. Sy beplande toer deur Afrika vir die vervaardiging van ’n mini-dokumentêre reeks is ook “vertraag, uitgestel, gekanselleer — wie weet op hierdie stadium?” voeg hy by.

Opsoek na nuwe stemme

Die koronavirus het planne namens hulle gekanselleer. Maar hiérdie kunstenaars vind maniere om steeds betekenisvolle werk te skep deur hul kameras te rig op die onderwerp waartoe hulle wel tans toegang het: hulself.

Bila het ’n eenmanprojek as draaiboekskrywer, akteur, kinematograaf, filmredakteur en regisseur onderneem. Regie is gewoonlik sy enigste verantwoordelikheid. “Ek is nie ’n akteur nie. Ek moenie voor die kamera wees nie. Maar hierdie isolasie het my gedwing om te dink ‘Wel, hoe sou ek hierdie storie vertel?’ Dit is op ’n manier my ontvlugting uit die waansin,” sê hy.

Veral beeldskeppers behoort aan te pas by hierdie geskiedkundige tyd, sê Robin Scher van die Goodman Gallery in Johannesburg. “Dis ’n geleentheid om inligting en stories te deel wat ons help om vorentoe te beweeg en om te leer uit die ervaring.”

https://twitter.com/zolanimahola/status/1245388462246805504

Onder diegene wat Mukheli al in sy virtuele sitkamer verwelkom het, is Freshlyground hoofsanger, Zolani Mahola.

Mukheli bied tans gesprekke met kreatiewe leiers van regoor die wêreld regstreeks op Instagram aan, en verseker sodoende dat sy kreatiewe netwerk bly groei.

“Ek moet dink oor hoe my stem steeds krag kan hê te midde van hierdie uitdagings,” sê Mukheli.

Deur hierdie gesprekke stel Mukheli vriende, medewerkers, en sy 43 000 Instagram-volgelinge aan mekaar voor. Op hierdie manier bring hy hulde aan diegene wat belangrike bydrae tot sy loopbaan gelewer het, en gee ook vir sy aanhangers toegang tot die leidende diskoers in sy bedryf.

Nel bied ook waarde aan die gemeenskap deur aspirantfotograwe te mentor deur middel van Zoom video-oproepe en opvoedkundige videos wat sy vooraf opneem en dan aanlyn beskikbaar stel.

569A7972

Die uitsig oor Pretoria vanaf die Uniegeboue soos in 2019 deur Nel afgeneem tydens ‘n fotosessie. FOTO: Shanay Greene Photography

Vaslegging van die zeitgeist

’n Tema kom uit Mukheli se Instagram-gesprekke na vore: In krisistye maak die wêreld staat op kunstenaars om sy kollektiewe ervaring vas te vang en rigtingwysers van mense se emosies te wees. “In tye soos hierdie, kyk die wêreld na kuns. Dit is belangrik om as kunstenaarsgemeenskap op te staan en ons rol in hierdie tyd in te neem,” sê Mukheli.

In ‘n tydperk wat deur fisiese afstand en sosiale isolasie gekenmerk word, vestig die SA Toerisme-advertensie, waarop Mukheli as regisseur vir die reklame-agentskap Bomb Commercials gewerk het, aandag op die verweefdheid van fisiese nabyheid en sosiale interaksie in Suid-Afrikaanse kultuur. VIDEO: Bomb Commercials/YouTube

In Bila se woorde, word daar op kunstenaars staatgemaak om “by te dra tot die siel van hierdie seisoen.” Sy kamera vergesel hom op noodsaaklike kruideniersware-uitstappies. Hy neem onder meer tonele af soos taxi’s wat oorlaai is met noodsaaklike werkers, en hoop om sodoende denke en debat uit te lok wat daadwerklike verandering in ’n post-pandemiese Suid-Afrika sal inspireer.

Uitgerekte tyd

Alhoewel hulle nog besig is om te skep, het die grendelstaat ook die luuksheid van rus aan hierdie kunstenaars gebied.

“Daar is ’n natuurlike impuls om produktief te wees in hierdie tyd. Maar die waarde daarin om hierdie tyd te gebruik om te reflekteer moet egter nie misgekyk word nie,” sê die Goodman Gallery se Robin Scher.

Om tot haar huis beperk te wees, het Nel herinner aan die rede waarom sy haar huis in die eerste plek met ’n kamera in hand sal wil verlaat: om ware liefdesverhale te vertel. “Dit gaan nie oor Instagram-waardige inhoud en volgelinge nie. Dis nie vir die glitz en die glam nie,” sê sy.

As ’n gevestigde internasionale kunstenaar, was Mukheli se kalender propvol. Hy verwelkom die stadiger spoed in sy daaglikse roetine as ’n geleentheid om “met prosesse te eksperimenteer wat ongewoon tot [sy] praktyk is.”

JusticeTanzania

Mukheli se werk fokus op egte Afrika-ervarings. Hy hoop om “die negatiewe narratief van Afrika en Afrikane in die wêreld af te breek,” en Afrika se stories vir die kontinent terug te eis. FOTO: Justice Mukheli

Vir Bila het die fisiese isolasie ook daartoe gelei dat “menslike konneksie en die vertel van stories” weer geprioritiseer word. Hy tel die dae af totdat hy weer in strate sal kan afstap en die verhale van sy tuisdorp, Tembisa, kan vertel.

DSCF9782

Bila was twee en ‘n half maande in New York; van Desember 2019 tot Februarie 2020. Net voordat hy na Johannesburg vertrek het, het hy die stigmatisering van die Chinese gemeenskap in Chinatown in New York vanweë die Chinese oorsprong van die koronavirus ondersoek. Hier is kinders in Chinatown, New York, afgeneem op 14 Februarie 2020. FOTO: Anthony Bila

 

Dit is April 2020 en dit is nog donker. Maar wanneer die ligte weer aangaan, sal daar minstens drie fotograwe wees wat gedurende die donker meer eerbied vir sonlig en die mense voor hul lense ontwikkel het.


Lees hierdie artikel in Engels


Het jy hierdie artikel geniet? Lees die Australiese kunstenaar, Nick Cave, se perspektief oor produktiwiteit tydens inperkings: (soos aanbeveel deur Robin Scher): “As an artist, it feels inapt to miss this extraordinary moment. Suddenly, the acts of writing a novel, or a screenplay or a series of songs seem like indulgences from a bygone era. For me, this is not a time to be buried in the business of creating. It is a time to take a backseat and use this opportunity to reflect on exactly what our function is — what we, as artists, are for.”

 

, ,