Plaaslike siektes ondersoek by US se nuwe wêreldklas navorsingskompleks

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI) wat onlangs bekendgestel is, word as ’n wêreldklas toekomsgerigte navorsingskompleks beskou. Die BMNI huisves die departement biomediese wetenskappe en sowat 500 navorsers en studente. Dit is volgens Wilma Stassen, nuus- en media-koördineerder by die Universiteit Stellenbosch. 

Die BMNI, wat by die US se fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe op die Tygerberg-kampus geleë is, se deure is amptelik op 14 April geopen. “Die projek het in 2018 begin, en is nou afgehandel,” het Stassen gesê. 

“Die Biomediese Navorsingsinstituut [behels] ’n belegging van R1,2 miljard en dit stel die instituut in staat om sy huidige navorsingsaktiwiteite uit te brei en siektes te ondersoek wat die grootste impak op Suid-Afrika en die res van Afrika het,” het Dannielle Kenny, PhD-kandidaat (SU Immuunologie-navorsingsgroep), gesê. FOTO: Anri van Helsdingen

“Die BMNI [behels] ’n belegging van R1,2 miljard en dit stel die instituut in staat om sy huidige navorsingsaktiwiteite uit te brei en siektes te ondersoek wat die grootste impak op Suid-Afrika en die res van Afrika het,” het Dannielle Kenny, PhD-kandidaat van SU se Immunologie-navorsingsgroep, gesê. 

Die gebou is in verskeie fases gebou, en die departement het sedert 2021 stelselmatig na die nuwe gebou toe oorgetrek. Dit is volgens prof. Nico Gey van Pittius, adjunkdekaan van navorsing by die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. 

 “Die ou gebou is nog grootliks in gebruik en heeltemal oorgedoen. Die twee geboue is aan mekaar gehêg […] en dien as een navorsingskompleks,” het Stassen gesê. 

Befondsing vir die projek het hoofsaak van die US gekom, asook van die mediese fakulteit, het Stassen gesê. Die regering het ook befondsing beskikbaar gestel deur die Departement Wetenskap en Innovasie, het sy bygevoeg. 

Internasionale samewerking met wêreldleiers

Die BMNI is die grootste navorsingskompleks van sy soort in die Suidelike Halfrond en Afrika, volgens Stassen. 

“Die BMNI huisves ’n bio-informatikahub, elektronmikroskopiese laboratoriums, proteomika- en fluoressensie-geaktiveerde selsortering-laboratoriums, ’n morfologiemuseum, ’n Sunskills-laboratorium, en kliniese navorsingsfasiliteite,” het Stassen gesê. 

“Die Biomediese Navorsingsinstituut huisves ’n bio-informatikahub, elektronmikroskopiese laboratoriums, proteomika- en fluoressensie-geaktiveerde selsortering-laboratoriums, ’n morfologiemuseum, ’n Sunskills-laboratorium, en kliniese navorsingsfasiliteite in, het Wilma Stassen, nuus- en media-koördineerder by die Universiteit Stellenbosch, gesê. FOTO: Anri van Helsdingen

Die BMNI beskik oor ultramoderne konferensiegeriewe en uitbrekingskamers wat as ’n sentrum vir biomediese simposiums, konferensies en lesings sal dien, volgens 

Kenny.

 “Hier sal die innoverende en gevorderde biomediese navorsing wat by die BMNI uitgevoer word, vertoon word en nasionale en internasionale samewerking met ander wêreldleiers op die voorpunt van kliniese navorsing gefasiliteer word,” het Kenny gesê. 

’n Groen gebou

Die instituut het ook ’n vierster-gradering van die Green Building Council of South Africa (GBCSA) ontvang, volgens Stassen. “As deel van sy volhoubaarheid is alle laboratoriums toegerus met ’n negatiewe lugdruk- en filtrasiestelsel, wat voorkom dat gevaarlike dampe en toksiene in algemene areas vloei,” het Kenny bygevoeg. 

Die instituut het ’n vierster-gradering van die Green Building Council of South Africa ontvang, volgens Dannielle Kenny, PhD-kandidaat (SU Immunologie-navorsingsgroep). FOTO: Anri van Helsdingen

“Dit gee ons ’n platform wat dit moontlik maak om navorsing te verrig wat nie net Suid-Afrika verbeter en bevorder nie, maar ook wêreldwye mediese spasies,” het Mbali Mkhonza, PhD-kandidaat in die Immunologie-navorsingsgroep, gesê. Mkhonza bestudeer die rol van MR1T-selle in die tuberkulose siektevordering.  

Dit bied ook die geleentheid om saam met mense te werk wat dieselfde dink en in dieselfde velde is, wat geïnteresseerd is om siekte-kwessies spesifiek in ’n Suid-Afrikaanse konteks, op te los, het Mkhonza bygevoeg. Volgens Mkhonza, het Suid-Afrika ’n groot verskeidenheid siektes wat uniek is tot die plaaslike klimaat.