Nuwe wet word by Koshuisrugby getoets

Nuwe wette rakende die hoogvat word by vanjaar se Koshuisrugby-toernooi getoets. Maties Rugby-klub, ISEM (Institute for Sport and Exercise Medicine) en SAMRC (South African Medical Research Council) werk saam met Wêreldrugby aan navorsing wat gedoen word by Maties se koshuistoernooi.

Tydens die toernooi word die hoogte van ’n hoogvat na die armholte as maatreël beskou, terwyl die reël tans sê dat skouerhoogte die gevaarsone is. Betrokkenes wil dus vasstel of die verandering van die wet ’n verskil sal maak met betrekking tot beserings, en spesifiek harsingskudding en ander kopbeserings.

Die toegepaste wet volgens Wêreldrugby wat tydens die toernooi gebruik word. SKERMGREEP: verskaf

Die toegepaste wet volgens Wêreldrugby wat tydens die toernooi gebruik word. SKERMGREEP: verskaf

Volgens prof. Ross Tucker, ’n navorsingswetenskaplike by Wêreldrugby, het hulle data wat wys dat die persoon wat die duikslag uitvoer net soveel gevaar is soos die persoon wat tydens die duikslag geduik word. Die grootste risiko bestaan ​​as die tackler regop staan ​​of as daar kop-aan-kop kontak tussen spelers is. “Wat ons dus probeer doen, is om die tackler se kop en die baldraer se kop uit dieselfde lugruim te kry sodat beide spelers beskerm kan word,” het Tucker gesê.

“Ek wil dit egter beklemtoon dat die afneem van die hoogte van die duikslag nie die manier waarop die skeidsregter die hoë duikslag beskou verander nie, dit verander net die drempel vir wanneer hy boetes en ander sanksies gee wanneer ’n hoë duikslag uitgevoer word,” het Tucker bygevoeg.

Eendrag skrum teen Helshoogte tydens Derby Dag. FOTO: Maties Rugby Klub

Eendrag skrum teen Helshoogte tydens Derby Dag. FOTO: Maties Rugby Klub

Al is hierdie toetslopie positief, twyfel dr. James Brown, hoof van Harsingskudding Eenheid by ISEM, of dit by die Rugby Wêreldbeker [vir vanjaar se toernooi] geïmplementeer sal word.

“Wette vat tyd om te verander, maar as daar genoeg positiewe bewyse is, sal dit gebeur. Wêreldrugby het byvoorbeeld die veiligheidsvolgorde van die skrum ’n paar jaar terug verander,” het Brown gesê.

Die rede dat hierdie navorsing nie by Varistybeker gedoen word nie, is omdat koshuisrugby volgens Brown “ ’n nadere verteenwordiging van die gemeenskap of nie-professionele rugby is”.

“Aangesien die meeste rugbyspelers regoor die wêreld op ’n werklike nie-professionele vlak speel, het dit sin gemaak om hierdie wet te toets waar dit die grootste impak moontlik kan hê,” het Brown bygevoeg.

Studente kon aansoek doen om wedstryde af te neem en om te help met dataversameling. Volgens Lindsay Starling wat ’n navorsingsassistent by departement sportwetenskap is en by die projek betrokke is, sal die beeldmateriaal gebruik word vir hoofsaaklik drie redes.

“Ons moet seker maak dat die skeidsregters die wet toepas tydens die wedstryde wat vir die toetse gebruik word,” het Starling gesê. Die wet moet ook korrek toegepas word en dit moet ook gekontroleer word.

Die wedstryde moet beskryf kan word. “Ons moet die verskillende gebeurtenisse tydens wedstryde kan beskryf om die vereistes van elkeen te kan ontleed.”

Laastens moet die meganismes wat lei tot beserings beskryf kan word. “Ons doel is om beserings te verminder,” het Starling gesê. “Daar sal altyd beserings wees, maar ons moet kan verstaan hoe die beserings plaasgevind het.”

Daar is ’n soortgelyke studie in die Engelse Rugby Kampioenskappe verlede jaar gedoen, maar dit is afgeskaf aangesien daar baie harsingskuddingsgevalle in een week was. Dit blyk uit die data of die wet nie van toepassing was tot daardie een week nie, maar die studie is steeds afgestel. Volgens Brown word daar in Frankryk en Australië beplan om die aanvaarbare duikvat-hoogte na die middel te verander.

Hier is ’n paar kitsfeite oor harsingskudding. Inligting is verkry vanaf Wêreldrugby. INLIGTINGSGRAFIEK: Anke van der Merwe

Hier is ’n paar kitsfeite oor harsingskudding. Inligting is verkry vanaf Wêreldrugby. INLIGTINGSGRAFIEK: Anke van der Merwe