Hoe om jou graad suksesvol te oorleef

This slideshow requires JavaScript.

Woon elke dag klas by, bestuur jou tyd effektief en lewe ’n gebalanseerde lewe.

Hierdie is van die wenke van nagraadse studente aan voorgraadse studente wat nou hul tweede kwartaal gaan aanpak by die Universiteit van Stellenbosch (US).

“Voorgraadse studente vind soms universiteitslewe oorweldigend en sukkel om aan te pas, almal kom van verskillende agtergronde,” sê Hermrique Steenkamp (22) wat tans besig is met sy tweede nagraadse kwalifikasie, (Nagraadse diploma in Vervoer en Logistiek).

Volgens Steenkamp is dit belangrik dat studente ’n gebalanseerde lewe lei. “Daar is niks fout met iemand wat akademies gefokus is nie, maar iewers moet jy ’n ‘break’ vat”. Hy glo in “work hard, play hard”. Dit is belangrik om jouself te vind en ’n leer patroon te kry wat vir jou werk.

Steenkap sê dat in terme van hulp vir studente het die Universiteit van Stellenbosch ’n goeie stelsel in plek om studente te ondersteun. “Ek sal studente aan raai om gebruik te maak van die dienste by SSVO, ek self het al aangeklop vir hulp by hulle,” sê Steenkamp. Hy raai beide voorgraadse en nagraadse studente aan om gebruik te maak van hierdie fasiliteite.

Hermrique Steenkamp (22), (Nagraadse diploma in Vervoer en Logistiek). FOTO:Dominique Jeftha

Hermrique Steenkamp (22), (Nagraadse diploma in Vervoer en Logistiek). FOTO:Dominique Jeftha

Cheswill Swarts (22), (Nagraadse diploma in Onderwys) se raad aan voorgraadse studente is om nie net op akademie te fokus nie, maar ook buitemuurse aktiwiteite te doen om ’n blaaskans te kry van die akademie. Moenie bang wees om vrae te vra nie, studeer elke dag en sluit aan by studie groepe”.

Cheswill Swarts (22) (Nagraadse diploma in Onderwys). FOTO:Dominique Jeftha

Cheswill Swarts (22) (Nagraadse diploma in Onderwys). FOTO:Dominique Jeftha

Lunga Swelindawo (23) Meestersstudent in Ekonomie sê daar is vier sleutel bestanddele om jou graad suksesvol te voltooi. Die eerste een is klasbywoning- wat die ruggraat van enige universiteit student is.” Volgens hom vind 70% van sy leer in klas plaas en 30% is selfstudie.

“Tweedens is dit tydsbestuur, dit is een van die mees belangrikste kwessies as dit kom by ’n gebalanseerde universiteitslewe – if you fail to plan, you plan to fail.”

Swelindawo sê dat motivering ’n groot rol speel in jou voorgraadse graad, “jy moet weet hoekom jy hier is”.

Laastens glo Swelindawo dat ’n ondersteuningsnetwerk baie belangrik is. Hierdie netwerk help jou om dinge te deel as dit teveel raak asook mense wat in jou glo en motiveer. Swelindawo lê ook klem dat wat vir hom gewerk het nie noodwendig vir ander gaan werk nie.

Lunga Swelindawo (23), (Meestersstudent in Ekonomie). PHOTO: Dominique Jeftha

Lunga Swelindawo (23), (Meestersstudent in Ekonomie). PHOTO: Dominique Jeftha

SSVO

Die Sentrum vir Studentevoorligting en-Ontwikkeling (SSVO) is daar om studente te help deur hierdie fase van hulle lewe. Die sentrum bestaan uit vyf eenhede langs die Konservatorium in Victoriastraat : die gelykheidseenheid (Victoriastraat 39), die eenheid vir psigoterapeutiese en ondersteuningsdienste (Victoriastraat 49), die eenheid vir graduandi- loopbaandienste (Victoriastraat 43),die gestremdheid eenheid (Victoriastraat 39), eenheid vir akademiese berading en ontwikkeling (47 Victoriastraat).

Deurlopende inisiatiewe deur SSVO:

Terapiesessies deur middel van troeteldiere is oop vir enigiemand wat belangstel. Elke Donderdagmiddag vanaf 16:45 tot 17:30 is daar geleenthede vir interaksie met terapiehonde. “Dit is in 2018 baie suksesvol bewys en ons doen dit weer in 2019. Studente is lief vir dit en dit help sommige studente met hul angstige en depressiewe gevoelens,” sê Dr. Munita Dunn-Coetzee, direkteur by die SSVO.

“Ons bied verskeie radiogesprekke en besprekings oor MFM aan, asook verskeie aanbiedings by koshuise en PSO’s, en ook aanbiedings binne fakulteite – wat fokus op studievaardighede, tydsbestuur, stresbestuur, ensovoorts. Ons bied ook hierdie werksessies aan tydens middagete of saans.”

Dunn-Coetzee sê dat hulle tans besig is om besprekings met die Drama departement en ander belanghebbendes te voer om saam te werk aan geestesgesondheids-bewusmakingsaktiwiteite.

“’n Facebook-veldtog is in die begin van Maart van stapel gestuur om op die welstand van studente te fokus en hulle praktiese wenke te gee oor hoe om hul welstand te bevorder.”

-Volg SSVO op Facebook

Loading...

Loading…

SSVO Grafika: Dominique Jeftha

,